Kuklades

Die ligging van die Kuklades in Griekeland.

Die Kuklades of Siklades (Grieks: Κυκλάδες, Kukládes; IFA: [ciˈkla.ðes]) is 'n eilandgroep in die Egeïese See, suidoos van die Griekse vasteland en 'n voormalige administratiewe prefektuur van Griekeland. Hulle is een van die groepe waaruit die Egeïese argipel bestaan. Die naam Κυκλάδες νήσοι (Kykládes nísoi, "omsirkelende eilande") verwys na die argipel wat 'n sirkel vorm "om" die heilige eiland Delos. Die grootste eiland van die Kuklades is Naksos, maar Siros het die grootste bevolking.

Harpspeler, 'n voorbeeld van die Kukladiese kuns.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search